Koop NOU jou persoonlik getekende kopie ...
By DJANI Wildlife Projects on Jan 14, 2010 | In C. News, F. Wildlife | 8 feedbacks »
Link: http://www.djaniwildlife.co.za/shop/index.php?act=viewProd&productId=52
... van hierdie puik, NUWE diereboek:
"SOOGDIERE van AFRIKA – Ontdek 101 spesies."

Hierdie pragtig geïllustreerde boek (224 bladsye, grootte: 280 x 215 x 15 mm) gaan uitsluitlik oor die ontdekking van ‘n 101 van Afrika se verstommende soogdierspesies. Dit verskil van enige ander bestaande diereboek daarin dat daar gefokus word op die verskaffing van soveel moontlike unieke inligting oor elke spesie in ‘n kompakte, tog uiters informatiewe en puik geïllustreerde wyse.
Ingeslote is ook nog 'n omvattende vergelykende tabel met die statistiese data van al 101 spesies, 'n tabel met die rekords gehou deur soogdiere van Afrika (langste, kortste, vinnigste, kleinste, dapperste, ens.), asook 'n plantegroei- en geografiese kaart van Afrika, klassifikasie, woordelys, verwysings vir verdere leeswerk, en 'n omvattende indeks. Bekyk 'n paar bladsye ... KLIK HIER ...
OOK IN ENGELS BESKIKBAAR.
Koop NOU u kopie van die eerste beperkte druk uitgawe van hierdie ongelooflike diereboek. Bestel sommer nou deur HIER TE KLIK of gaan nou na die "LINK" hierbo ...! ![]()
8 comments
Baie dankie, ek bestel sommer vandag nog!
Ek bestel deur na die boonste "LINK" te gaan en dan deur die DJANI online shop te bestel?
Kontak ons gerus indien jy enige vrae of probleme met die proses ondervind, maar dis baie eenvoudig om te volg. Baie dankie vir die ondersteuning - jy gaan die boek ontsettend leersaam vind.
Kan ek direk bestel sonder om dit deur die "online shop" te doen. Ek het nie 'n internet bank-fasiliteit nie?
Jy kan direk ook bestel. Stuur net jou kontak besonderhede, watter boek (Afrikaans of Engels) en hoeveel boeke jy wil bestel per e-pos aan ons (books@djani.co.za) of gebruik sommer die "contact link" bo-aan hierdie bladsy. Ons sal jou bestelling direk per e-pos bevestig en die nodige verwysingsnommer en bank-besonderhede vir die betaling aan jou stuur.
Comments are closed for this post.
| « AMAZING WILDLIFE BOOKS ARE NOW AVAILABLE!!!!!! | Wildstroping: Renosterkalfies wees gelaat ... » |




