Het jy geweet ... vaalboskatte ...
By DJANI Wildlife Projects on Nov 3, 2009 | In AFRIKAANS
Link: http://www.djaniwildlife.co.za/shop/index.php?act=viewProd&productId=52

Alhoewel die klein wilde katte almal as dieselfde spesie (Felis silvestris) beskou word, verskil hulle geneties, fisies en in geografiese verspreiding genoegsaam om as afsonderlike sub-spesies, verdeel in vier groepe, geag te word. Hierdie groepe sluit in: die woudkatte van Europa en dele van Asië (silvestris groep); die steppe-katte van suiderlike en sentraal-Asië (ornata groep); die geelbruin-katte van Afrika en die Midde Ooste (lybica groep); en die huiskatte (F. s. catus). Die Egiptenare het blykbaar vaalboskatte tussen 3 000 en 4 000 VC mak gemaak en hierdie katte word as die voorouers van die huiskat beskou.
Vaalboskatte het ‘n baie groot geografiese verspreiding en kom in feitlik enige tipe habitat voor. Hulle blyk slegs afwesig te wees in tropiese reënwoude en dele van die Sahara-woestyn. Hierdie unieke katte verskil kenmerkend van huiskatte (mak of wild), deurin dat hul ore dieprooi aan die agterkant is, die bene langer met swart stroke is, die swart-gebande stert en die stertpunt wat swart is. Beide die voor- en agterpote is ook pikswart van onder. Van noord na suid is daar ‘n verskil in pelsdikte, algehele liggaamskleur (ligbruin in droër streke tot donkergrys in vogtige streke), asook in die aantal donker merke op die liggaam en bene van vaalboskatte. Huiskatte en vaalboskatte kan vrylik onderteel en weens die toename in menslike nedersetting, is die voortdurende verbastering met huiskatte huidig die grootste bedreiging vir die genetiese behoud en voortbestaan van opregte vaalboskatte. (LEES VERDER IN BOEK ...)
DUBBELBLAD soos in boek ("SOOGDIERE van AFRIKA - Ontdek 101 spesies")
| « Did you know ... wildcats ...? |



